Bryanston Parallel Medium Pre-Primary

Skool Kode vir Ouers

Portrait of happy kids, grandma and grandpa at home spending family time together. Grandparents bab.

Ouers se Regte en Verantwoordlikhede

By Bryanston Parallelmedium Pre-Primêre Skool glo ons dat ’n sterk vennootskap tussen die huis en die skool noodsaaklik is vir die welsyn, ontwikkeling en sukses van elke kind. Hierdie Gedragskode stel die verwagtinge vir alle ouers en versorgers om ’n veilige, respekvolle en koesterende omgewing vir kinders, personeel en gesinne te verseker.

 

1.  Respekvolle Kommunikasie

  • Ouers word verwag om alle personeel, kinders en ander gesinne altyd met respek, hoflikheid en vriendelikheid te behandel.
  • Aggressiewe, dreigende of onrespekvolle taal of gedrag teenoor personeel, kinders of ander ouers sal nie geduld word nie.
  • Kwessies of klagtes moet kalm en gepas hanteer word deur die korrekte kommunikasiekanale te volg (bv. deur ’n afspraak met ’n onderwyser of die skoolhoof te reël).

 

2.  Interaksie met Kinders

  • Ouers mag nie enige kind, behalwe hul eie, dissiplineer, berispe of aanspreek terwyl hulle op die skoolterrein of by skoolgeleenthede is nie.
  • Indien ’n ouer gedrag opmerk wat kommer wek, moet dit onmiddellik aan ’n personeellid gerapporteer word, en nie self met die kind of hul gesin hanteer word

 

3.  Regte van Ouers

Alle ouers het die reg:

  • Om, waar moontlik, konstruktief betrokke te wees by die bestuur en lewe van die
  • Om, indien verlang, ’n afspraak met enige opvoeder of lid van die bestuur aan te vra deur die regte prosedure te volg, naamlik om die Sekretaresse te skakel of skriftelik aansoek te
  • Om met respek en waardigheid behandel te word deur personeel en ander
  • Om vergaderings met personeel of bestuur aan te vra om hul kind se ontwikkeling, welsyn of enige bekommernisse te bespreek.
  • Om deel te neem aan die lewe van die kleuterskool deur geleenthede, vrywilligerswerk en
  • Om gereelde kommunikasie van die skool te ontvang rakende hul kind se vordering en

4.  Verantwoordelikhede van Ouers

Alle ouers het die verantwoordelikheid:

  • Om toe te sien dat die leerder die skool se gedragskode, reëls en prosedures
  • Om te verseker dat hul kind elke dag betyds opdaag en stiptelik ná skool of by nasorg gehaal
  • Om die skool betyds in kennis te stel indien hul kind afwesig sal wees, veral in gevalle van siekte of gesinsnoodgevalle.
  • Om kinders by die huis te hou wanneer hulle siek is en die skool in kennis te stel van aansteeklike
  • Om toe te sien dat die leerder nie skool misloop nie, tensy HY/SY WERKLIK siek
  • Om seker te maak dat hul kind gevoed, skoon en toepaslik geklee by die skool opdaag, met alle nodige items duidelik gemerk.
  • Om alle kommunikasie van die skool te lees en tydig op vorms, toestemmingsbriewe en kennisgewings te reageer.
  • Om die skool in kennis te stel van enige veranderinge in die kind se tuisomgewing of gesondheid wat hul gedrag of welsyn kan beïnvloed.
  • Om respekvolle gedrag te modelleer en waardes van vriendelikheid, samewerking en insluiting te versterk.

 

5.  Veiligheid en Sekuriteit

  • Ouers moet alle sekuriteits- en aflaai/optelprosedures
  • Slegs gemagtigde persone mag ’n kind van die skool af oplaai. Enige veranderinge moet skriftelik aan die skool gekommunikeer word.
  • Die skoolhekke/toegangspunte mag nooit oopgelaat of met ongemagtigde persone gedeel word nie.

 

6.  Vertroulikheid en Privaatheid

  • Respekteer die privaatheid van alle kinders en gesinne binne die
  • Moenie ander kinders of gesinne op ’n negatiewe of veroordelende wyse bespreek

 

7.  Toewyding aan ’n Positiewe Vennootskap

  • Ouers word aangemoedig om saam met opvoeders en personeel te werk om hul kind se ontwikkeling te ondersteun.
  • Terugvoer en voorstelle word verwelkom en waardeer wanneer dit met respek en opbouend aangebied word.
  • Deur saam te werk, skep ons ’n kleuterskoolomgewing wat veilig, ondersteunend en vreugdevol is vir alle kinders.

Erkenning

Deur u kind by Bryanston Parallelmedium Pre-Primêre Skool in te skryf, stem u in om aan hierdie Gedragskode te voldoen. Ons dank u vir u samewerking en toewyding om ’n respekvolle en sorgsame kleuterskoolgemeenskap te handhaaf.