Leerders bring ‘n gesonde kosblik en water skool toe elke dag. Pak asseblief genoeg kos, dat daar genoeg kos is vir ten minste 3 etenstye deur die loop van die dag. Leerders kan ‘n lekkerny skool toe bring op ‘n Vrydag. Leerders eet in klas onder toesig van die juffrou.
Leerders wat Nasorg bywoon sal ‘n gekookte maaltyd ontvang. Die spyskaart is beskikbaar in die nasorg-klas.