Bryanston Parallel Medium Pre-Primary

Kom leer saam met ons

Die lewe is te kort om iemand anders se drome uit te leef. Kom leef jou eie droom.

Maak Bryanston Parallel Medium Pre-Primêr jou tuiste.

Welkom by Bryanston Parallel Medium Pre-Primêr

Stap by ons warm en ondersteunende gemeenskap in, waar kinders floreer en blom. Kom ons vat hande om blywende, gekoesterde ervarings vir jou kleintjies te skep.

wat ons aanbied

Buitemuurse Aktiwiteite

Klasse word aangebied deur gekwalifiseerde instrukteurs teen ‘n bekostigbare fooi. Meer inligting is beskikbaar in die kantoor.

Konsentreer op die ontwikkeling van jou kind se fisiese vermoëns en groot motoriese vaardighede en koördinasie deur middel van ‘n prettige, positiewe, energieke en selfvertrouebou-kurrikulum, alles terwyl ons op die veiligheidsaspekte van die spel fokus.

Maak gereed vir ‘n kreatiewe avontuur waar ons verskeie mediums en tegnieke sal gebruik om opwindende en tematiese kunsprojekte te maak. Al die nodige voorrade sal vir jou klein kunstenaartjie voorsien word.

’n Opvoedkundige, buitemuurse program wat eksperimente gebruik om jong kinders te wys dat die wêreld van wetenskap lekker kan wees. Dit word gedoen deur middel van interaktiewe projekte, opwindende demonstrasies en basiese eksperimente.

Ons Fotos

'n Dag in die lewe by BPMP

Wat ons ouers sê

    Bryanston Parallel Medium Pre-Primer Skool bied 'n stimulerende en ondersteunende omgewing vir jong leerders. Met 'n verskeidenheid aktiwiteite en 'n passievolle onderwyserspan, word elke kind aangemoedig om hul unieke potensiaal te bereik.

    Zandri Pienaar

    Ouer

      BPMPP is die kleuterskool om by te wees! Goeie leierskap, passievolle onderwysers, goed versorgde terrein, gereelde opknappings en goed bestuurde finansies is maar net die begin. Keurig versierde klassies, juffrouens wat elke kind lief het en inspireer, gereëlde instappies en buitemuurse aktiwiteite maak dit vir die kinders 'n fees. En dis nog nie die einde nie - soveel meer wag vir enige ouer en kind wat deel word van die BPMPP-familie. Dié keuterskool staan kop-en-skouers bo ander!

      Sue-Rina Haupt

      Ouer

        As 'n ouer by BPMS, wil ek graag my waardering uitspreek vir die ongelooflike onderwys en sorg wat my kinders in die Pre Primêr ontvang het. My dogter is tans in die skool en my seun het 'n paar jaar terug Gr R voltooi. Die onderwysers is uiters toegewyd en skep 'n liefdevolle, stimulerende ongewing waarin kinders kan floreer. Dit is wonderlik om te sien hoe hul nuuskierigheid en leergierigheid gevoed word deur praktiese en kreatiewe leeraktiwiteite. Ek kan met oortuiging sê dat BPMS Pre Primêr die ideale grondslag lê vir my kinders se toekomstige leer- en ontwikkelingsreis. Dankie BPMS, julle is die beste!

        Beyanca Struwig

        Ouer

          Ons is nie net by Bryanston Parallel Medium Pre-Premier skool omdat hulle die enigste Afrikaanse skool in die area is nie. Ons is by BPMP omdat hulle die beste skool in die area is! Van A tot Z word elke bokse van ñ puik skool afgemerk. Die onderwysers in van ongelooflike goeie gehalte en standaard, en hulle dra die kurrikulum so kundig en lekker aan die kinders oor! Almal glimlag as mens in die skool loop, al die maatjies lag, al die onderwysers en personeel lag, want daar is ñ wonderlike bestuurspan, wat alles soos seep laat verloop. Een groot bekommernis wat elke ouer het is bekostigbaarheid. En dit is die ding, die skoolfonds is baie bekostigbaar en kompeterend teenoor ander skole in die area, veral omdat mens net 10 uit die 12 maande ñ jaar skoolfonds hoef te betaal. Ek het in my lewe nog nooit so ñ mooi speelgrond met die nuutste en moderne speelaparaat gesien nie, dit laat my wens ek was nog ñ kind. Die klaskamers en badkamers is altyd skoon en netjies asook baie modern. Daar is wel net een probleem😂, en dit is om plek vir jou kind te kry, so AS jy so gelukkig is om plek te kry, dan is julle koppe deur en jy kan met ñ geruste hart weet jou kind is in die beste skool, met die beste sorg, met die beste opvoeding en fasiliteite, onderrig en bestuur.

          Wi-André Erasmus

          Ouer

          Spesiale datums

          Skoolgeleenthede

          Spesiale geleenthede soos feeste, vieringe en bewusmakingsdae speel ‘n wonderlike rol in vroeë kinderontwikkeling.

          Ken-Mekaar-Braai

          Kerskonsert