Skool Kode vir Leerders
Reëls vir leerders
By ons kleuterskool leer ons om vriendelik, veilig en respekvol te wees. Hier is ons spesiale beloftes wat ons elke dag volg:
Wees betyds en gereed om te leer
- Kom elke dag skool toe en wees
- Wees gereed om saam te doen en jou beste te gee!
Wees vriendelik en respekvol
- Praat mooi en hoflik met juffrouens, assistente en
- Gebruik sagte woorde — moenie vloek, skree of seermaakwoorde gebruik
- Luister wanneer ander praat en volg instruksies die eerste
Hou hande en voete vir jouself
- Moenie slaan, byt, skop of baklei
- Gebruik jou woorde om probleme op te
- Vra eers voordat jy iemand anders drukkies gee of
Sorg vir ons mooi skool
- Hou ons klaskamer en skool skoon — moenie mors of gemors maak
- Hou die toilette skoon en trek die toilet af na
- Respekteer al die speelgoed, boeke en Moenie dit breek of op skryf nie.
Moenie steel nie
- Vra altyd voordat jy iets
- Gee terug wat nie aan jou behoort
Gee om vir die natuur
- Wees sag en vriendelik met diere, goggas, plante en
- Moenie pluk, breek of seermaak
Volg die reëls
- Volg jou juffrou se instruksies en die klaskamerreëls.
- Neem beurte, deel, en wag
- Help ander en wees ’n goeie
Wees jou beste self!
- Probeer altyd hard, selfs as iets moeilik
- Sê “asseblief”, “dankie” en “jammer” wanneer dit nodig
- Help om ons skool ’n plek te maak waar almal veilig, welkom en gelukkig
Ons Woorde om te Onthou:
Vriendelike hande, Vriendelike woorde, Stapvoete, Luisterore, Groot harte
By Bryanston Parallel Medium Pre-primêr is dit vir ons belangrik om ’n veilige, positiewe en gestruktureerde leeromgewing vir al ons leerders te handhaaf. Daarom verwag ons dat alle leerders die skool se gedragskode te alle tye nakom.
Indien ’n leerder die gedragskode herhaaldelik oortree, sal die volgende stappe gevolg word:
- Die klasjuffrou sal die uitdagings onder die aandag van die ouer(s) Dit bly die ouer(s) se verantwoordelikheid om die saak met die leerder aan te spreek en verbetering aan te moedig.
- Indien daar geen verbetering is nie, sal die Graadhoof/Departementshoof ’n vergadering met die ouer(s) reël om die volgende stappe te bespreek.
- Indien daar, ná die stappe wat geneem is, steeds geen bevredigende verbetering is nie, sal ’n paneelvergadering saam met die Skoolhoof plaasvind om verdere stappe te
Ons waardeer u samewerking en ondersteuning, aangesien ’n vennootskap tussen die skool en ouers ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling en welstand van elke leerder.